Merensky Landbou Akademie Interhuis Bergfietskompetisie
ADVERTISEMENT
Die fietspaaie op Merensky Landbou Akademie het op Donderdag, 21 Augustus, behoorlik gewemel van aksie tydens die jaarlikse Merensky Interhuis Bergfietsrykompetisie. Leerders, onderwysers en selfs ouers het hul bene ingespan om vir hul huise en spanne punte in te bring.
Spanwenners
• Seuns: JP Botha & Zander Knoetze; Wernich Steyn & Matthew Togonidze
• Meisies: Zané Vosloo & Leila van Wyngaardt
• Gemeng: Jan Pretorius & Sophia van Wyk
• Onderwyser / Ouer: Mnre. Reinhardt Blokker & Conraad Lubbe 
Huisdeelname
1. Graad 11 – 26 leerders
2. Graad 8 & 9 – 18 leerders
3. Graad 10 – 7 leerders
4. Graad 12 – 3 leerders
Top 5 bergfietsryers van die seisoen
1. Elrick Opperman – 5647 km
2. Joshua Robertson – 4941 km
3. Wernich Steyn – 4255 km
4. Ziante Steyn – 2456 km
5. Matthew Togonidze – 2334 km
Dié Interhuis Bergfietsry het gewys dat Merensky se fietsrykultuur sterker as ooit is!

Jan Pretorius

JP Botha

Sophia van Wyk

Zander Knoetze

Zane Vosloo

Ziante Steyn
Foto’s: Ankia Botha









