Laerskool Bakenkop begin fietsryliga op ‘n hoë noot af
ADVERTISEMENT
Daar is min sportsoorte wat nie die naweek deur die reën geraak is nie. Bergfietsry is egter een van daardie sporte wat jy juis aanpak wanneer dit lekker modderig is – en dit is presies wat ons fietsryers só geniet het! Hoe meer modder aan die wiele, speke en selfs op jou gesig, hoe beter het jy gery. Die eerste fietsryliga het afgeskop en Laerskool Bakenkop was daar! Laerskool Bakenkop lê tans 28ste uit ongeveer 90 skole – ’n prestasie waarop ons baie trots is. Wat dit nog meer spesiaal maak, is ons nuwe fietsryers van so jonk as Gr. R af. Hulle entoesiasme maak ons ongelooflik opgewonde oor wat die toekoms vir Bakies-bergfietsry inhou.


















