Laerskool Aliwal-Noord se eie wolklasser verwerf haar Springbokkop vir wolklas
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Aliwal-Noord se eie wolklasser van formaat! Nika van Zyl, ‘n graad 7 leerder aan LSAN, verwerf in Oktober 2024 haar Springbokkop vir wolklassering. Hierdie plaasmeisie van Barkly-Oos toon al vanaf vyfjarige ouderdom ‘n belangstelling in wolskape en help haar pa, Jannie, in die skeerhok wanneer sy kan. Hy het haar aanvoeling vir die wol gesien en haar aangemoedig om haar Springbokkop wolklasseringskursus, aangebied deur die Nasionale Wolkwekervereniging (NWKV), te doen.
Op 11 jarige ouderdom woon sy haar eerste wolskool by en kwalifiseer as leerlingklasser. Tydens haar tweede wolskool op 12 jarige ouderdom word sy ‘n klasser. Sy woon haar derde wolskool by gedurende Oktober 2024 en verwerf dan ook so haar Springbokkop vir wolklas. Voorwaar ‘n puik prestasie vir so ‘n jonge dame! ‘n Volledige artikel sal in die Farmers Weekly verskyn en LSAN sal dan ‘n meer volledige berig plaas. Nogmaals geluk, Nika!! Mag wolklas nuwe wêrelde vir jou oopmaak!
![]()










