Merensky Landbou Akademie matrieks ontvang spesiale uitnodigings
ADVERTISEMENT
Op Maandag, 25 Augustus, het die Merensky Landbou Akademie matrieks die spesiale uitnodigings tot hul Matriekafskeid ontvang. As deel van die dag is ’n betekenisvolle ballon seremonie gehou, waar elkeen hul drome die lug ingestuur het en simbolies die verlede laat gaan het. Die ballonne en toue was natuurlik bio-afbreekbaar, in respek vir ons omgewing. ’n Groot woord van dank aan:
- Coffee D’Light – vir die heerlike eetgoed (teen spesiale pryse)
- Ford Tzaneen & Bosbok Gas – vir die helium vir die ballonne (Bosbok teen kosprys, en Ford wat die helfte van die bottel geborg het).
Baie dankie aan almal wat bygedra het om hierdie dag vir ons matrieks onvergeetlik te maak!
Ballon seremonie
Matrieks van 2025
Sophia van Wyk (onderhoofdogter), Euné Pohl (hoofdogter), Carel Volschenk (hoofseun)










