DF Akademie spog met die matriekklas van 2025
ADVERTISEMENT
Na al die foto’s geneem en al die pryse ontvang is, is dit hierdie groep se harde werk en die harde werk van die personeel wat deur hierdie besonderse prestasies erkenning kry. By die SOS-skole se prysuitdeling ontvang ons die volgende toekennings: In die kategorie Top Afrikaanse skole in die Wes-Kaap behaal ons die 3de posisie vir die aantal onderskeidings per kandidaat. DF Akademie ontvang ‘n Top 20-toekenning vir ons uitsonderlike prestasie vir die totale aantal onderskeidings, sowel as die aantal onderskeidings per kandidaat.

Ons ontvang die volgende toekenning vir ons prestasie in die volgende vakke: Ons beklee die 6de posisie vir die aantal onderskeidings per kandidaat vir Afrikaans Huistaal. Ons beklee die 10de posisie vir die aantal onderskeidings per kandidaat vir Engels Eerste Addisionele Taal en Wiskunde en ons beklee die 15de posisie vir die aantal onderskeidings per kandidaat vir Inligtingstegnologie.
Baie dankie aan elke matrikulant vir julle toewyding en ywer! Dankie aan elke ma en pa vir julle ondersteuning, bemoediging en sekerlik baie koffie!
Baie, baie dankie aan ons voederlaerskole – hierdie prestasies gebeur nie in isolasie nie en ons is dankbaar vir die fondasie wat reeds in die laerskoolbanke gelê en ontwikkel is om akademiese uitnemendheid na te streef.
En dan baie dankie aan al ons bloubloed onnies wat hulle harte in elke leerder instort om hulle potensiaal, wat ons weet binne hulle lê, te ontsluit! Ons is dankbaar vir die gemeenskap waarbinne ons werk en die voorreg het om in te presteer.









