Hoërskool Bredasdorp Matriekklas 2025 groet vir oulaas
ADVERTISEMENT
Groet is nooit maklik nie, selfs al dink ‘n mens dikwels dat jy nie kan wág om jou skoolloopbaan te voltooi nie. Die 100 matrikulante wat vandag hul skoolloopbaan by Hoërskool Bredasdorp vaarwel geroep het, stap met soveel mooi herinneringe weg wat getuig van ‘n opwindende lewensfase.
Die tema van dié besondere geleentheid – “Sweef soos ‘n arend” – was beslis gepas vir ‘n diverse groep matrikulante wat nou hul vlerke gaan sprei na nog hoër lewenshoogtes.
Vlieg hoog, BD-matrieks van 2025!
















