Laerskool Witpoort het hul eerste fietsryliga agter die rug
ADVERTISEMENT
Ons eerste fietsryliga is agter die rug. Laerskool Witpoort het Saterdag, 24 Februarie 2024 deelgeneem saam met 65 ander skole aan die Gauteng Cycling reeks wat uit 1080 deelnemers bestaan het. Dit was rowwe kompetisie, maar Witpoort se fietsryers het weereens gewys tot wat hulle in staat is. Daar was altesaam 28 leerders van Witpoort wat deelgeneem het en ouderdomme het gewissel van 4 jaar oud tot 13 jaar. Ons het selfs vir Aron Janse van Niewenhuizen, 5 jaar oud wat ‘n 5de plek op die podium gekry het. Die volgende leerders was ook onder die eerste 20.
- Joshua du Plessis, Nipper 9de
- Max du Plessis, Nipper 15de
- Lian Pretorius, Sprog, 10de
- Christelle van den Heever, Sub Junior, 7de
Foto’s en inligting: Juffrou Riëtte du Plessis



































