Laerskool De Tyger fietsryers presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Twee Laerskool De Tyger leerders het met groot entoesiasme deelgeneem aan ‘n fietsresies wat deur Western Cape School Cycling aangebied is! Die geleentheid het op 14 Maart plaasgevind by die pragtige Devonbosch in Stellenbosch, waar hulle hul deursettingsvermoë, vaardighede en ware sportmangees gewys het. Ons is ongelooflik trots op hierdie twee fietsryers – julle het De Tyger se naam hoog gehou!










