Laerskool Witpoort fietsry groei mooi
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het die eerste skole liga fietsry plaasgevind by Prime View and Adventure. Tydens hierdie byeenkoms het 29 van Laerskool Witpoort se kinders het deelgeneem, Christelle van den Heever het ‘n podium plek behaal, 3 kinders onder die eerste 10 geëindig in die groep waarin hulle deelgeneem het, 7 van ons leerders het onder die eerste 20 en 2 onder die eerste 30 geëindig. Ons het 3 sub nipper boys gehad wat vir die eerste keer deelgeneem het waar Johan van Eeden 13de gekom het uit 73 ryers.
Ons is ongelooflik trots op elke liewe kind wat deelgeneem het, hulle uithouvermoë en deurstettingsvermoë het defnitief uitgestaan. 2 van die ryers het tegniese probleme gehad tydens die reis en moes hulle fietse stoot tot by die wenstreep sodat hulle punte kon verwerf vir die skool. Daar het 63 laerskole deelgeen en Laerskool Witpoort het algeheel 5de geeindig. Kaalvoet of met ‘n fiets, los ‘n Witpoort kind spore. Glimlagte en trane was deel van die dag maar ons leer by elke geleentheid iets nuuts.

Sheldine Joubert, Jaimie Muller, Marla van Rhyn, Christelle van den Heever en Katinka Becker

Marla van Rhyn

Lihan Pretoruis

Kai Shaw

Aneska Grobbelaar









