47 Laer Volkskool Wildehonde Fietsryers word met sertifikate vereer
ADVERTISEMENT
47 Laer Volkskool Wildehonde Fietsryers word met sertifikate vereer wat toegeken was vir die volgende:
- deelname aan weeklikse oefeninge en die Wildehonde Fietskliniek
- deelname aan plaaslike en buurdorpe se wedrenne
- deelname aan die Oos-Kaap Bergfiets Skoleliga.
Sewentien skole – hoër- en laerskole – het vanjaar aan die Oos-Kaap Skole Bergfietsliga deelgeneem.Vyf ligabyeenkomste het in Gqeberha plaasgevind. Al hierdie deelnemende skole het meer as 600 leerders elk, buiten Volkskool Wildehonde. Die Wildehonde was ook die enigste plattelandse skoolgroep wat deelgeneem het. Tog het die Wildehonde daarin geslaag om die volgende prestasies te behaal:
- 3de algeheel op die puntelys
- 3de algeheel ten opsigte van podiumplekke en
- 3de algeheel ten opsigte van deelnemersgetalle, te behaal.










