Laerskool Witpoort leerders presteer in fietsry
ADVERTISEMENT
Laerskool Witpoort leerders Lian en Henco Pretoruis het Saterdag, 25 Mei by Tapkar deelgeneem aan ‘n fietsry kompetisie. Beide die boeties het baie goed presteer! Lian was die 20km Junior Mans Kategorie wenner, asook die algehele wenner van die 20km en Henco was die 20km Nipper Kategorie wenner. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie! Baie geluk julle.
Lian en Henco Pretoruis
Joshua du Plessis in graad 4 het deelgeneem aan Gauteng se Provinsiale Kampioenskappe, Saterdag 18 Mei 2024 by Asidlale.
Hy het ongeloofl ik goed gery en ‘n 7de plek behaal. Joshua jy is ‘n yster en jy maak ons ongelooflik trots. Hou bene hou.
![]()










