Hoërskool Martin Oosthuizen Prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Tydens Hoërskool Martin Oosthuizen se gesogte Prysuitdeling het die volgende leerders pryse ontvan:Raisins SA Landboustudent Van Die Jaar: Tydens Raisins se Gala-aand is Juan Koortzen aangewys as Raisins se landbouleerder van die jaar.Baie geluk met hierdie prestasie Juan. Ons is baie trots op jou.
Juan Koortzen
Hennie de Beer entrepreneurs trofee vir die leerder wat as entrepreneur op die voorgrond getree het – Francois Theron.
Francois Theron
Radie Kotzé Afrikaans Trofee vir graad 12 leerder wat tydens sy/haar hoërskoolloopobaan die beste volgehoue prestasie in Afrikaans gelewer het – Lara-Lyn van Vuuren.
Lara-Lyn van Vuuren
Piet Nel trofee vir beste leerder in Landboubestuur in gr 11 – Juan Koortzen Raisins SA trofee vir beste leerder in Rosyntjieverbouing – Jaun Koortzen
Jaun Koortzen
FitIt Wisselbeker vir beste leerder in Landboutegnologie gr 11 – JC Pieterse
JC Pieterse
Santam Agri Trofee vir beste landboustudent in gr 12 (Landboutegnologie & Landboubestuur & Landbouwetenskap) – Andre Kruger Wynie van Rooyen trofee en Landbouweekbladmedalje vir beste leerder in Landboutegnologie – André Kruger.
André Kruger
Adriaan Keet (Roesplaat) trofee vir veehantering – Niklaas Thirion. Landbouskrywers Trofee en Landbouweekblad medalje vir beste leerder in Landbouwetenskap – Niklaas Thirion.Namakwaland Jeugskoutrofee vir uitstaande skouvermoë – Niklaas Thirion.
Niklaas Thirion
SAKTV Trofee en Landbouweekbladmedlaje vir beste leerder in Landboubestuur – Requalme le Roux.
Requalme le Roux
Namakwalandtoneelfees trofee vir beste ondersteunende akteur asook die Fraserburg Logantoneelfees beoordelaarstrofee is toegeken aan Tienus Blom.
Tienus Blom
Die Fraserburg Logantoneelfees trofee vir beste ondersteunende aktrise as ook die Fanie Malantoneelfees trofee vir beste aktrise is toegeken aan Louise Hanekom
Die Johannes Loubser trofee vir beste akteur van die jaar, asook die ATKV Vrystaatstreek beste akteurtoekenning, Namakwalandtoneelfees beste akteur, Artscape Suid-Oosterfees jeugdramafees beste akteurstoekenning en die Kalahari toneelfees beste akteurtrofee is toegeken aan Zander Oberholster.
Zander Oberholster
Die Barnie Mans Kultuurtrofee vir veelsydigste kultuur leerder in HMO is vanjaar toegeken aan Josette Olivier.
Josette Olivier
Netbal:
- Madelein Malan trofee vir beste vordering – Yulia Smit
- Louise Steenkamp trofee vir beste verdedigende speelster – Abriana van Vuuren
- Valerie J van Rensburg trofee vir beste aanvallende speelster – Mauneeze Cloete
- Marike Visser netbalspeelster van die jaar – Brigitte Wessels
Marchand Landbouvereniging trofee vir beste Landboutegnologie leerder – Stephan Maritz.
Stephan Maritz
Marchand Landbouvereniging trofee vir beste leerder in Landboubestuur in gr 10 – Jani de Vos & Chandré Steenkamp.
Jani de Vos & Chandré Steenkamp
Stoffel Lourens trofee vir beste spreker by die Agri Noord-Kaap kongres: Bennie Mans & Stephan Maritz.
Bennie Mans & Stephan Maritz
HMO-Hokkietrofee vir die speler wat by HMO ‘n entoesiastiese en uitsonderlike bydrae gelewer het is toegeken aan Nadia Bester. Die HMO-Hokkietrofee vir die speler wat uitstaande spel gelewer het is toegeken aan Alandi Visser.
Alandi Visser en Nadia Bester
Senior Speler van die jaar – Lee van Zyl.
- Vlok Hanekom trofee vir beste vordering – Degardt Oberholster.
- Johan Coetzee trofee vir beste voorspeler 0.19A – Jandré Liebenberg.
- Johan Coetzee trofee vir beste agterspeler 0.19A – Leonard Heyns.
- Vlok Hanekomkom speler van die jaar – Heyneke vd Heever
Senior Speler van die jaar
- Die Josef van der Westhuizen wisseltrofee vir die seunsatleet beste vordering: Conraad Burger.
- Die Josef van der Westhuizen wisseltrofee vir die dogtersatleet beste vordering: Cara-Lynn Wiese.
- Die RA Joubert Victrix Ludorm trofee is toegeken aan Liané Stadler
- Die Jannie Smit Victor Ludrom trofee is toegeken aan Jaun Scheepers.
- Die Amanda Ferreira trofee vir junior sportvrou van die jaar is toegeken aan Cara-Lynn Wiese.
- Die Jo Ferreira trofee vir junior sportman van die jaar is toegeken aan JP van Heerden.
- Die Girla Steenkamp trofee vir senior sportvrou van die jaar is toegeken aan Mia van Straaten.
- Die Stoney Steenkamp trofee vir senior sportman van die jaar is toegeken aan Jaun Scheepers.
Die Sanlam Wisselbeker vir die voortreflikste prestasie van die jaar word vanjaar gedeel deur Conraad Burger en Zander Oberholster. Conraad word aangewys as die nasionale wenner van die Oppie tong af redenaarskompetisie.
Conraad Burger en Zander Oberholster










