Laerskool Park gimnas eindig 7de SA
ADVERTISEMENT
Dian Nel van Laerskool Park het op 30 Augustus aan die Weskaap kampioenskappe deelgeneem waar hy die Eden distrik vereenwoordig het. Hy het dievolgende prestasies behaal:
- Ses eerste plekke
- Hy word aangewys as die algehele wenner in sy vlak.
- Hy word gekies om die Weskaap te verteenwoordig by die SA Gym Games op 4 Oktober in Pretoria.
Tydends die SA Gym Games op 4 Oktober het hy ook presteer. Uitslae as volg:
- Eerste plek in die spronge.
- Algehele 7de plek in die land.
- Hy is ook die enigste kandidaat van die Weskaap wat onder die top 10 eindig.
Park is trots op jou, Dian!










