Laerskool Paarl Gimnasium Tweekamp
ADVERTISEMENT
Skoolspan
Laerskool Paarl Gimnasium het die afgelope naweek puik presteer by die Highgate Interprovinsiale tweekamp byeenkoms in ‘n snikhete Oudtshoorn en hulle titel as Laerskool kampioene suksesvol verdedig. Laerskool Paarl Gimnasium het met die louere weggestap met 12 423.8 punte met Laerskool Kenridge in die tweede plek met 12 356.7 punte en Laerskool George Suid derde met 12 235.4 punte. Die Gimmies het met hierdie wen hulle plek gereserveer vir deelname later vanjaar in Bloemfontein by die Suid-Afrikaanse tweekamp kampioenskappe.
Agter v.l.n.r. D’niel Conradie (o.13), Nianè Marè (o.11), Jan-Dawid Kirsten (o.15), Georgia Sabbagha (o.13) en Tiaan Wagener (o.13). Voor v.l.n.r. Matthys Potgieter (o.11), Jordaan Stemmet (o.11), Mieke Burger (o.11), Levi van Staden (o.9) en Sion van Wyk (o.11).
Individuele medalje wenners
Laerskool Paarl Gimnasium het met ‘n rekord getal van 8 individuele medaljes teruggekeer vanaf
Oudtshoorn na die afgelope naweek se Highgate Interprovinsiale tweekamp byeenkoms. Die skool
se individuele medalje wenners is:
Agter v.l.n.r. Mieke Burger (goud o.11), D’niel Conradie (goud o.13), Georgia Sabbagha (goud o.13)
en Matthys Potgieter (silwer o.11).
Voor v.l.n.r. Lisa Pretorius (brons o.8), Levi van Staden (brons o.9), Emma-Joy Potgieter (goud o.8) en Jean-Luc van der Merwe (brons o.8).










