Laerskool Nelspruit Kaskardag 2025
ADVERTISEMENT
Die langverwagte Kaskardag het die afgelope Vrydag plaasgevind by Laerskool Nelspruit.
Elke Nellie het die kans gekry om kaskar te stoot, buiteband te rol en aan nog boeresport deel te neem. Met al die pret en plesier was daar nie ‘n enkele Nellie wat nie moeg, en met ‘n tevrede glimlag, huis toe is nie! Dit was dan ook ons adjunkhoof, Mnr Ade Adendorf, se laaste belewenis van hierdie gróót dag op die Nellies kalender.












