LS Bellville-Noord hou hul leerlinge aktief besig na die eksamen
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord hou hul leerlinge aktief besig na die eksamen. Die aktiwiteite het verskeie wedstryde (netbal, “tag”-rugby, krieket) tussen die personeel en graad 7’s ingesluit. Die klein toneelgroep Storieskip het ook weer ‘n wonderlike toneelstuk kom opvoer ondanks beurtkrag tydens die opvoering. Daar was ook ‘n Kaskardag waartydens die graad 6’e ook lekker speletjies aangebied het terwyl die klasse teen mekaar meegeding in het in wedrenne. Na die Kaskardag het ons ons tweede OOV ColourFunRun gehad. Ons het ook ons jaarlikse Einde-van-die-jaar-piekniekdag gehad gevolg deur ‘n talentkompetisie.


























