Laerskool La Hoff baie trots op die atlete wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Met twee kampioene, ses podium plekke en sewe top 10 plekke, is Laerskool La Hoff baie trots op die atlete wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en dankbaar vir ‘n ongelooflike seisoen. Welgedaan Hoffies! Imke Swanepoel is die Suid-Afrikaanse Kampioen in al vier haar items – 80m, 100m, 70mH, en aflos. Isabella Van der Sandt is die Suid-Afrikaanse Kampioen in die 1500m Stap. Die kwalifiserende uitslae was as volg:
Luhann Blom (o.10, Hoogspring en verspring), Imke Swanepoel (o.10 – 1ste plek in 80m, 100m, 70mH, en aflos), Roubaix Reynecke (o.12 – 150m – 8ste plek, 150mH), SW Liebenberg (o.11 – Hoogspring – 3de plek), Mieke Kriel (o.11 – Gewigstoot – 10de plek), John Jordaan (o.13 – Diskus – 8ste plek, Gewigstoot – 10de plek), Mnushke Smith (o.13 – 800m – 6de plek en 1500m – 6de plek), Isabella Van der Sandt (o.13 – 1500m Stap – 1ste plek), Lolani Janse van Vuuren (o.13 – 1500m Stap), Simoné Herselman (o.11 – 1200m – 5de plek)











