Laerskool Gene Louw-atlete skop die jaar op ’n hoë noot af
ADVERTISEMENT
Laerskool Gene Louw se atlete het op 1 Februarie teen topatlete van 11 ander skole meegeding by die Jaarlikse Somerset-Wes Laerskool Lukas Potgieter Buco Mini-Atletiekbyeenkoms en weereens uitstekend gevaar. Gene Louw se atlete het altesaam 7 Goue, 4 Silwer- en 3 Bronsmedaljes verower. Ons sien uit na wat die res van die seisoen vir hulle gaan inhou.
















