Pomario Privaatskool atlete dring deur na die Wes-Boland kompetisie
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 5 Februarie het Pomario Onafhanklike Skool op Citrusdal die eerste keer aan die Platteland Hoërskole Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hierdie byeenkoms is vanjaar op Piketberg gehou en die Pomario-atlete het hulleself deeglik laat geld. Die span stap weg met vier eerste plekke, een tweede plek en een derde plek.
Lorenzo Smith vaar uitstekend met ’n eerste plek in spiesgooi, asook ’n derde plek in verspring in die Seuns o.14 afdeling. In die Meisies o.14 ouderdomsgroep het Elrien Liebenberg stof in die ander atlete se oë geskop deur eerste te kom in die 400m, 1 500m en verspring, terwyl sy ’n tweede plek in gewigstoot behaal het.
Hierdie atlete dring deur na die Wes-Boland kompetisie wat op 12 Februarie in Moorreesburg gehou word. Met so ’n goeie begin sien Pomario uit na nog mooi prestasies op atletiekgebied!











