Laer Volkskool vaar uitstekend by die Sarah Baartman Distrik Skaak Unie
ADVERTISEMENT
Laer Volkskool vaar uitstekend by die Sarah Baartman Distrik Skaak Unie. Die 3de rondte SBDSU proewe is Saterdag 1 Junie op Graaff-Reinet by Union High aangebied. Agt van Laer Volkskool se skaakspelers het aan die proewe deelgeneem. Elke ouderdomsgroep moes 5 rondtes speel.
- Burger Slabbert wen 3
- Jurian Retief wen 4
- Samuel Pearson wen 2
- Janneke Conradie wen 3
- Margite van der Merwe wen 3
- Marize Retief wen 2
- Gina Botes en Nicolaas Botes vaar baie goed en laat hulle opponente kwaai kopkrap.
- Jurian Retief behaal ‘n 3de plek vir seuns o.12.
- Marize Retief behaal ‘n 2de plek vir dogters o.10.
- Margite van der Merwe behaal ‘n 3de plek vir dogters o.14.
Baie baie geluk aan al hierdie spelers vir julle puik spel en puik prestasies gelewer. Laer Volkskool is super trots op julle!



















