Laer Volkskool skaakuitslae
ADVERTISEMENT
Laer Volkskool se skaakspelers het op 28 Februarie ‘n wedstryd teen Gill op Somerset-Oos gaan speel. Die jongste speler van Laer Volkskool was slegs 8 jaar oud. Vir baie van die leerlinge was dit ook hulle heel eerste wedstryd. Die spelers het uitstekend gevaar. Laer Volkskool verloor ongelukkig 20 – 22.















