Laerskool Gansbaai opvoeder word gekies as netbal keurder
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons eie Gansie-juffrou, Lyndri Kotze, met haar uitmuntende vaardigheid in netbal. Sy is onlangs deur die Wes-Kaap Skole Sportkode: Netbal gekies om as ‘n o.16-keurder by die Sone 1-proewe, wat op 17 Mei 2025 in Bredasdorp aangebied is, op te tree. Sy het ook ‘n uitnodiging ontvang om die Overbergstreek te verteenwoordig as o.16-keurder by die finale Wes-Kaapproewe in Oudtshoorn vanaf 23 tot 24 Mei 2025. Sterkte, ons is trots op jou!

Gansie-juffrou, Lyndri Kotze









