Laerskool Bellville-Noord neem afskeid van geliefde hoof en ander onderwysers
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord het die afgelope paar dae afskeid geneem van ons skoolhoof, mnr. Johann Mostert, asook vier ander personeellede, juffrouens Mariana Swanepoel (gr. 2), Esmé uys (gr. 5), Jessica Janse van Rensburg (gr. 2) en Lolita Ferreira (berader). Mnr. Mostert en me’e Mariana Swanepoel en Esmé Uys tree af, terwyl me. Lolita Ferreira nuwe avonture gaan aandurf (oa ‘n reis China toe) en me. Jessica van Rensburg na ‘n ander dorp verhuis.
Die drie wat aftree is by die skool afgelaai deur NHI Toyota en ontvang deur mnr. Jacques Viviers (HOD), Maximus Meerkat (ons gelukbringer) en twee ons Raad-van-leerders se hoofleiers. Daar was ‘n erewag deur die hele skool gevorm vanaf die sportgronde tot in die saal.

Die eregaste is met ‘n luukse Toyota by die skool afgelaai, en verwelkom deur Maximus Meerkat asook ons hoofleiers en mnr. Viviers. Mnr. André Schoeman van NHI Toyota Tygervallei, wat as chauffeer opgetree het, staan in die middel

) Mnr. Viviers (HOD) neem amptelik afskeid van die drie onderwysers wat aftree. Maximus Meerkat is ook op die verhoog.

Vlnr. me. Ferreira, me. Uys, mnr. Mostert, me. Swanepoel en me. Van Rensburg na afloop van die skool se laaste saalbyeenkoms waar van hul afskeid geneem was.









