Laerskool Cradock gimnas het haar vaardighede ten toon gestel by die ECGA Ritmiese Gimnastiek Distrikuitdunne
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 17 Mei, het Dané Swanepoel `n gimnas van Laerskool Cradock haar vaardighede ten toon gestel by die ECGA Ritmiese Gimnastiek Distrikuitdunne in Gqeberha, waar sy besonder goed gevaar het in die Vlak 4 – o.13 afdeling. Sy het ‘n 4de plek en ‘n brons medalje in Vrydans behaal, asook 3de plekke en brons medaljes in beide die Bal- en Tou-items. Met hierdie indrukwekkende prestasie het Dané bewys dat harde werk en passie tot groot hoogtes kan lei. Baie geluk, Dané!
![]()










