Laerskool Totius leerders ontvang kleure vir gimnastiek
ADVERTISEMENT
Laerskool Totius leerders ontvang kleure vir gimnastiek. Ellé Loubser het “Cape Town District”-kleure ontvang vir Artistiese en Trampolien Gimnastiek. Sy het ook algeheel eerste geëindig by die Wes-Kaapkampioenskappe vir trampolien.
Ellé Loubser
Suné Vermeulen het “Cape Town District”-kleure ontvang vir Artistiese Gimnastiek. Sy het algeheel tweede geëindig in die Wes-Kaap en Wes-Kaapkleure ontvang.
Suné Vermeulen









