Voorbereidingskool Fanie Malan leerders opgeneem in die Noord-Kaap Gimnastiekspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Maximilliano de Bruin en Morné Burger van Voorbereidingskool Fanie Malan met julle ongelooflike prestasie om opgeneem te word in die Noord-Kaap Gimnastiekspan! Van 7 tot 10 Oktober vlieg hulle Mossies-vlerke tot in Port Elizabeth, waar hulle aan die Nasionale Gimnastiektoernooi gaan deelneem.
Ons Mossie-familie wens julle alle sterkte toe – gaan wys vir almal die harde werk, trots en gees wat julle so besonders maak.
Fanie Malan Mossies staan agter julle!










