Hoërskool Strand gimnas is die Wes-Kaap kampioen in ritmiese gimnastiek
ADVERTISEMENT
Hoërskool Strand gimnas Deré Vermeulen het vanaf 9-11 Augustus een die Wes-Kaap Gimnastiekkampioenskap deelgeneem – waartydens sy die prestasie as Wes-Kaap Vlak 10 kampioen behaal het. Dit is reeds die agtste keer sedert 2014 wat sy hierdie prestasie behaal. Sy het vir twee van haar drie roetines (wat die bal, “clubs” en lint insluit) goue medaljes behaal, ‘n silwer vir die derde een en algeheel ‘n goue medalje. Met hierdie prestasie kwalifiseer sy ook vir die Wes-Kaapspan om in September aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskap in Kaapstad deel te neem.










