Hoërskool Duineveld gimnaste presteer by die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die volgende gimnaste van Hoërskool Duineveld het aan die Nasionale Gimnastiek kampioenskappe deelgeneem wat gedurende die Oktober-vakansie in Port Elizabeth plaasgevind het. Hulle het aan die tuimelafdeling deelgeneem. Die uitslae is as volg:
- Lourense Tsipi: Level 4 seuns 15 & Ouer – 1ste van 2 gimnaste
- Lize Lüttig: Level 5 dogters 15 & Ouer – 1ste van 5 gimnaste
- Kayla Eygelaar: Level 6 dogters 15–16 jaar – 2de van 5 gimnaste
- Meckayla Mans: Level 6 dogters 15–16 jaar – 3de van 5 gimnaste
- Liam Willemse: Level 6 seuns 15–16 jaar – 1ste van 3 gimnaste (een gimnas het reeds vertrek)
- Henning Karsten: Level 6 seuns 15–16 jaar – 2de van 3 gimnaste
Baie geluk aan al hierdie gimnaste met hul uitstekende prestasies – julle harde werk en toewyding het beslis vrugte afgewerp!
















