Hugenote Laerskool skut presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Juan Kriel (gr. 6) van Hugenote Laerskool het onlangs aan die Lapua Nasionale Rimfire (.22) Bench Rest Skietkompetisie in Welkom deelgeneem. Dié uitdaging behels 10 teikens op 50 meter binne 10 minute. Dit is ‘n ware toets van akkuraatheid en konsentrasie. Hy het in die o.18-afdeling deelgeneem en die SA Wildjagters Tafelberg-tak verteenwoordig. Juan het ’n 2de plek in hierdie ouderdomsgroep behaal met ’n telling van 87.52. Daarbenewens het hy ná drie uitdunrondtes teen deelnemers van alle ouderdomme en vaardigheidsvlakke algeheel 10de geëindig!
Ons is ongelooflik trots op jou, Juan!










