Laerskool Bellville-Noord leerder is die beste skut (asook sy broer én pa) in Suid-Afrika
ADVERTISEMENT
Ons by Laerskool Bellville-Noord het pas die nuus ontvang (12/1) dat Darius Vrey (gr. 6) weereens die beste o.13-skut in Suid-Afrika is. Hy het die South African Hunter Field Target Association Nationals gewen. Dit het die afgelope naweek (11 en 12 Januarie) plaasgevind in George. Veels geluk. Nog nuus waarop ons baie trots is, is dat sy ouer broer (oud-BN’er), Hanco, ook die o.18-afdeling gewen het. Hy het dan ook sy (SA) Protea-kleure verwerf en gaan Suid-Afrika later vanjaar in April verteenwoordig in Sardinia, Italië, by die World Champs. Hanco is tans in Hoërskool Bellville. Hul pa, Gert, het net so goed geskiet en het ook sy afdeling gewen en ook sy (SA) Protea-kleure ontvang. Hy gaan ook in April Italië tie in ons land daar te verteenwoordig. Ons by Laerskool Bellville-Noord is uiters trots op hierdie drie Vrey-manne van Bellville.

Darius Vrey

Hanco Vrey met sy SA/Protea-baadjie.

Pa, Gert Vrey, met sy SA/Protea-baadjie.

Al drie die Vrey-manne. Van links na regs: Hanco, Gert en Darius.









