Hoërskool Upington skut ontvang sy SANSSU klere
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington is super trots op Johan Serfontein! Hy het die afgelope naweek uitstekend gevaar en drie goue medaljes verower:
- Goud – 10m Staan
- Goud – 3 Posisie
- Goud – Algeheel
As verdere erkenning is hy ook gekies om goue SANSSU-klere (groen en goud) te ontvang – ’n besondere prestasie! Johan is ook aangewys as Hoërskool Upington én PVM se Sportman van die Week – ’n welverdiende eer! Ons is ongelooflik trots op jou, Johan. Hou aan mik vir die hoogste!
Baie geluk, Johan!










