Laerskool Rooihuiskraal skut presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Wihann van Zyl, ‘n Gr. 5 leerder by Laerskool Rooihuiskraal het deelgeneem aan die SA Target Rifle Association Kampioenskappe in Mokopane. Nie net het hy sy persoonlike beste van 596/600 verbeter nie maar stap ook weg met ‘n Brons en 2 Goue medaljes. Hy wen die junior skut katagorie (onder 21), behaal ‘n eerste plek in die tweede rondte asook ‘n 3de plek as algehele skut in die F-Klas (Presiesie Klas) vir 2025.
Welgedaan Wihann, ons is trots op jou.










