Hoërskool Garsfontein se Fast 5 Netbalspan is 2de beste in SA
ADVERTISEMENT
Hoërskool Garsfontein se Fast 5 Netbalspan die tweede beste in Suid-Afrika. Die Hoërskool Garsfontein se Fast 5-netbalspan (o.18) het die silwermedalje tydens die Suid-Afrikaanse Topskole-kampioenskap in Boksburg verower. Die Garsies het al drie sy groepwedstryde redelik gemaklik teen Kalahari van Kuruman (31-11), Jim Fouché (29-13) en Florida (30-20) gewen.
In die kwarteindrondte het die Garsies vir Hoërskool Middelburg met 20-17 verslaan, voordat hulle in die halfeindrondte vir Diamantveld met 33-24 die loef afgesteek het. In die eindstryd het die Garsies ongelukkig die knie naelskraaps met 24-28 in ‘n opwindende wedstryd teen Die Hoërskool Menlopark gebuig. Die Garsies het Menlo vroeër vanjaar in die Gauteng-eindstryd met 27-19 verslaan.
![]()










