Laerskool Bellville-Noord hou kunsuitstalling
ADVERTISEMENT
Op Donderdag, 29 September, het Laerskool Bellville-Noord ‘n kunsuitstalling gehou waar meer as 200 leerlinge se kunswerke uitgestal (en te koop) was. Die kunsonderwyser, juf. Annalene Sleigh, het ook van haar eie kunswerke uitgestal. Mnr. Conrad Theys (Suid-Afrikaanse kunstenaar) was die eregas. Die aand was ook ‘n uitreik-aksie na die Mond-en-Voetskilders van SA. Twee van hul kunstenaars, mnre. Martin Sodoms en Brenton Swartz, het dan ook prakties gewys hoe hul wonderlike kunswerke met ‘n kwassie en hul monde kan skep. Daar was ook pragtige produkte verkoop ten bate van hierdie organisasie.

Mnr. Martin Sodoms en twee van die jong kunstenaars wat in verwondering gestaan en kyk het hoe hy met sy mond verf.

Mnr. Brenton Swartz besig met ‘n skildery.

Mnre. Brenton Swartz (links) en Martin Sodoms wat hul spesiale talent kom vertoon het.

Slegs ‘n paar van die kunswerke wat uitgestal was.

Slegs ‘n paar van die kunswerke wat uitgestal was.

Slegs ‘n paar van die kunswerke wat uitgestal was.

Die stalletjie van die Mond-en-Voetskilders was baie gewild.









