[Onderhoud] Hugenote Hoërskool Rugby Eerstespankaptein Luke Daniels
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Swartland en Hugenote Hoërskool hier.Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Luke Daniels, Rugby Eerstespankaptein van Hugenote te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei? Spanbinding en samewerking.Ons het van die begin af baie gefokus op vertroue en kommunikasie binne die span. Daar is ’n sterk gevoel van eenheid, wat beteken dat ons mekaar ondersteun selfs in moeilike oomblikke, wat ‘n groot verskil maak teen sterk teenstanders.
Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus? Om my skool se eerstespan te lei is ’n ongelooflike voorreg en iets waarvoor ek regtig dankbaar is. Dis nie net oor sport of prestasie nie, maar oor die geleentheid om ‘n voorbeeld te wees vir my spanmaats en die jonger spelers wat opkyk na ons.En ek as leier sal fokus op hoe ek die span kan verbeter op en van die veld af.
Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek? Trots en erfenis.By ons dra jy nie net ‘n trui nie, jy dra dekades se geskiedenis. Elke speler weet wie voor hom die trui gedra het, en ons dra dit met respek.In ons kultuur staan die span altyd eerste.Selfs die beste speler weet dat sy rol net waarde het as dit die span help.
Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel? Ons het n doelwit gestel dat ons alles tot die beste van ons vermoë sal doen en dat ons die trui in n beter plek wil los as wat ons hom gekry het.
Watter opkomende wedstryde of toernooi sien julle die meeste na uit? Swartland
Is daar ‘n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom? Cheslin Kolbe, want hy is altyd nederig en plat op die aarde een van die mees talentvolle spelers, maar hy het geweet sy talent beteken niks sonder harde werk nie,daar was vir hom gesê dat hy is te klein om profesioneel rugby te speel maar dit het hom nie gekeer nie hy het net harder en harder gewerk en vandag is hy een van die beste spelers in die werêld.
Luke Daniels
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Nico Burger ) gesels:
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Die seuns het ’n ongelooflike passie vir die skool, en van die resultate hierdie jaar het nie ons kant toe gegaan nie. Daardie seer sal omgeskakel word in ’n dryf en hongerte om hul beste rugby van die jaar te speel.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (fisies en geestelik) Fisies word hulle baie hard gedryf in die gimnasium en op die veld deur Nicole Pretorius, ons biokinetikus. Emosioneel het ons besluit om die aanloop tot Interskole ten volle te geniet. Die harde werk sal gedoen wees, en die Saterdag sal vir homself sorg. Ons is opgewonde om deel te wees van die groot geleentheid.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons het ’n goed gebalanseerde span, met voorspelers wat hul man kan staan in die vaste fasette en agterspelers wat uit enige geleentheid drieë kan druk. Ons is veral trots op ons skrumsukses hierdie jaar. Afrigter Dewald Gebbing is ons eie Dan Human!
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? My eie afrigter op skool, Emile Neethling, het my baie geleer oor hoe om met seuns te werk. Meer onlangs het Pieter Rossouw van Paarl Gimnasium my baie geleer in die vier jaar wat ek in sy sisteem afgerig het. Ek dink hy is die beste skoleafrigter tans in Suid-Afrika.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die veld hardloop? Ek praat nie baie voor die wedstryd nie. Die seuns is dan in beheer. Ek glo dit is waar hulle eienaarskap vat. Die fokus is dat elkeen sy werk doen en teenwoordig is in die oomblik.










