Die Hoërskool Wonderboom leerder deur na Nasionale Finale van SA Champs of Performing Arts
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Wonderboom is ongelooflik trots op MJ Saunders, wat deurgedring het na die Nasionale Finale van die South Africa Championships of Performing Arts!
MJ het uit die provinsiale kompetisie in Gauteng gekwalifiseer – ’n besondere mylpaal wat sy talent, deursettingsvermoë en toewyding aan die uitvoerende kunste beklemtoon. Ons sien met groot opgewondenheid uit na wat hy by die nasionale rondte gaan bereik. Jou skool en gemeenskap staan trots agter jou!










