Swem uitslae vir Hoërskool Framesby
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby swemmers Mia Strydom en Carl Andrews het aan die SA Vlak 3 Streekskampioenskappe wat in Kaapstad plaasgevind het, deelgeneem. Mia het die volgende posisies in haar onderskeidelike items behaal:
2de – 400m Vryslag
3de – 200m Vryslagslag
3de – 4 x 50m “Medley” Aflos
Carl het die volgende posisies in sy onderskeidelike items behaal:
1ste – 100m Rugslag
2de – 4 x 50m “Medley” Aflos
2de – 50m Rugslag
3de – 200m Rugslag
3de- 4 x 100m Vryslag Aflos
Baie geluk met julle skitterende prestasies. Morgan Daniell het 28-30 Maart aan die Level 2 Gala in Oos-London deelgeneem. Hy het aan 8 items deelgeneem
waarvan hy 2 goud, 2 silwer en 2 brons medaljes gekry het. Die ander 2 items het hy ‘n 4 de plek behaal. Baie geluk Morgan.












