Oranje Meisieskool haar 118de verjaarsdag gevier by die Vrouemonument
ADVERTISEMENT
Op, 11 April, het Oranje Meisieskool haar 118de verjaarsdag gevier by die Vrouemonument. Hierdie viering sluit die Pre-Primêr, Primêre en Sekondêre skool in. President M.T. Steyn, stigter van Oranje Meisieskool, het gesê: “Gee die vrou godsdiens, eerbied en geloof in die goeie, die edele en die heilige en sy staan so vas soos ‘n rots. Sy sal, as die geleentheid hom voordoen, ‘n heldin genoem word.” Dit bly ‘n ongelooflike kosbare en spesiale funksie vir elke dogtertjie, onderwyser en Oud-Oranje! Van regoor die wêreld kom hierdie heldinne waarvan President M.T. Steyn gepraat het, bymekaar om hierdie merkwaardige skool se verjaarsdag te vier!
Vrouemonument
Emma Myburgh (Hoofmeisie), Mia Gericke (onderhoofmeisie)










