Die hart van Laerskool Boerefort klop warm vir sy leerders tydens lofprysingsaand
ADVERTISEMENT
Die hart van Laerskool Boerefort klop warm vir sy leerders en steek graag hande uit na die skool se gesinne in nood. Daar word wel hulp benodig om hierdie hande sterk te maak en een van hierdie maniere is deur die aanbied van ‘n lofprysingsaand wat elke twee jaar plaasvind op die skoolveld. Hierdie lofprysingsaand dien as fondsinsameling ten einde ongeveer 40-gesinne te help met basiese behoeftes wat kruideniersware en skoolkere insluit. Hierdie jaar het nie teleur gestel nie. Elke leerder in die skool word die geleentheid gegee om tydens die Lofprysing op te tree voor ‘n gehoor. Fondsinsamelings-inisiatiewe was reeds in 1996 in werking gestel deur oud-mamma’s met Me Bokkie Hoepner (fondsstigter) aan die voorhand en het uitgebrei met verloop van tyd. Ons bedank Me Hoepner vir die nood wat sy raakgesien het jare terug en haar toewyding aan dié fonds steeds jare later. Laerskool Boerefort gee alle eer aan ons Hemelse Vader!
Lofprysing










