Laerskool Hugo Rust vier Pannekoekdag
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Hugo Rust diensraad groep 2 het baie opgewonde die heerlikste pannekoek gaan bak by Checkers ter viering van Pannekoekdag. Die leerlinge was gewys deur die personeel hoe eenvoudige melk, meel, bakpoeier, sout en eiers hierdie lekkerny kon optower. Dankie Checkers dat julle personeel ons ywerige Graad 7’s geleer het om pannekoek te bak!










