Laerskool Worcester- Oos Beesloop 2024
ADVERTISEMENT
Blommetjie, die koei, het Laerskool Worcester-Oos by vanjaar se Beesloop omtrent in spanning laat wag om haar merk te maak. Die gelukkige wenner van R15 000 kontant was Dirkie van Zyl. Ons leerders het met groot geesdrif aan die kaskarresies, ‘n Kleuterkokkompetisie en buitelugfliekaand deelgeneem. Daar was ook keurige stalletjies met uitstaande produkte wat skitterend ondersteun is. Beesloop 2024 was een groot fees en hoogtepunt op die skoolkalender.












