EHS Fast 5-netbalspan vaar goed by SA’s
ADVERTISEMENT
Die o.17-Eagles Fast 5-netbalspan van Hoërskool Ermelo het op 2 en 3 Oktober aan die SASN Fast 5 kampioenskap deelgeneem te Hoërskool Florida. Die Erries het gekompeteer teen spanne van regoor Suid-Afrika en hulleself uitstekend van hul taak gekwyt. Die uistlae is as volg:
- EHS verloor 16-32 teen Menlopark Gauteng 2
- EHS wen 20-14 teen Noorderland Limpopo 1
- EHS verloor 20-26 teen Jan van Riebeeck Wes-Kaap 1
- EHS wen teen Upington 23-17 Noord-Kaap 3
- EHS speel gelykop 21 elk teen Jim Fouché Vrystaat 1
Die dogters het die EHS met trots verteenwoordig en gewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou. Nuwe vriendskappe is gesmee, en die dogters het, oudergewoonte, veggees getoon. EHS is baie trots op hierdie Erries, en sien baie uit na die 2024 seisoen.













