Hoërskool Ermelo Fast Five netbal onder top 20 in Suid-Afrika
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo Fast Five netbal onder top 20 in Suid-Afrika. Na afloop van die Mpumalanga-kampioenskap vir Fast 5-netbal, het die Erries se o.15 span gekwalifiseer om aan die SA-kampioenskap te Boksburg deel te neem.
Die Erries het, oudergewoonte, die EHS met trots verteenwoordig. Die dogters se passie, uithouvermoë, optimisme en goeie gedrag op én van die baan, het gespreek van hul Errie-waardes. Die Erries het nie geskroom om strawwe kompetisie vierkant in die oë te kyk nie. Na afloop van die kompetisie kan hulle met reg breëbors wees oor hulle puik prestasies.
Die uitslae is as volg (EHS-tellings eerste):
- Fichardtpark 31-37
- Lichtenburg 24-26
- Ben Vorster 28-33
- Monument 27-33
In die semi-finaal seëvier die Erries met 30-14 teenoor Kalahari, waarna hulle in die finaal met 21-20 wen teen Trio. Die Erries eindig algeheel sewentiende uit 21 spanne. Baie geluk, Erries! Die EHS sien uit na nog vele soortgelyke prestasies!
Die o.15 Crinums van EHS
Marizel van Niekerk
Tharina Viljoen
Mia van Deventer










