Hoërskool Overberg o.15 Fast 5-netbalspan presteer
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Overberg wil spog met hul o. 15-Fast 5-netbalspan wat tans die 11de posisie in die Wes-Kaap volstaan! Dié dogters het die afgelope naweek aan die Western Cape Schools Netball Fast 5 Hoops tournament by Hoërskool Parel Vallei deelgeneem. Hulle het kragte gemeet teen waardige opponente soos Hoërskool Stellenberg, Hoërskool Drostdy, Hoërskool Langenhoven en Hoërskool Atlantis. Die dogters het die geleentheid baie geniet en nuwe ondervinding en vaardighede geleer. Hou die spasie dop, want volgende jaar speel die Ovies vir ‘n plek in die top 10!










