2 Hoërskool Ermelo Fast 5-netbalspanne deur na MP-uitspele
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 31 Augustus het die Hoërskool Ermelo se drie Fast 5-netbalspanne deelgeneem aan die Gert Sibande-uitspele te Secunda.Die spanne het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het met oorgawe gespeel.Die o.15-Jaguars eindig sewende in Gert Sibande, die o.15-Fireballs (’n o.14-span wat in die o.15-liga speel) eindig derde in Gert Sibande en die o.18-Flames behaal ’n pragtige tweede plek.Die o.18-Flames en die o.15-Fireballs dring deur na die Mpumalanga-uitspele wat binnekort plaasvind. Baie geluk aan die dogters en sterkte met die voorbereiding vir die komende uitspele. EHS is trots op die Fast 5-netbal.
Die o.18-Flames van EHS
Mia van Deventer gooi die bal
Tharina Viljoen besig met verdediging
Cassidy Amsterdam in aksie










