Hoërskool Eldoraigne onderwyser beste in Elektronika landswyd
ADVERTISEMENT
Hoërskool Eldoraigne se harte bars omtrent van trots! Hulle het die BESTE Elektronika onderwyser landswyd! Mnr. Pieter Odendaal is wéér deur die Departement van Basiese Onderwys vereer deur ‘n spesiale toekenning te ontvang vir sy uitstaande onderrig van Elektronika. Hierdie is ‘n nasionale toekenning en Mnr. Odendaal is ook die enigste Elektronika-onderwyser wat só vereer is. Baie geluk, Meneer! Jy kweek ‘n liefde vir Elektronika onder al jou leerders en sorg dat ‘n uitnemende akademiese standaard in die Tegniese Departement gehandhaaf word.










