HTS Middelburg beslis ’n reusekrag in atletiek
ADVERTISEMENT
HTS Middelburg – beslis ’n reusekrag in atletiek! ‘n Skitterende vertoning deur Rooies-atlete by die Twizza Super Schools! HTS Middelburg was Saterdag, 19 Februarie in die uitgesoekte geselskap van die topatletiekskole in Suid-Afrika! Rooies het kragte gemeet met Menlopark, Afrikaans Meisieskool, Prestige College en Noordheuwel om maar net ’n paar van die groot name te noem.
Die seunsatlete het die volgende prestasies bereik:
Die kompetisie was fel en die atlete het alles in die stryd gewerp om as die beste atletiekskool gekroon te word. Uit 40 topskole, behaal ons seuns ‘n 19de plek, ons klop vir Nelspruit en is dus die sterkste seunspan in Mpumalanga! Ons dogters eindig 13de van die 40 skole – dit is ’n uitsonderlike prestasie! HTS Middelburg eindig algeheel in die 14de plek van 40 skole en is in die top 15-atletiekskole in die land! Met dié prestasie plaas dit HTS Middelburg in ’n hoër rangorde as groot name so Paarl Gimnasium, Hoërskool Monument en Kempton Park.

Dawid Du Buson

HTS

Jordan Goldswain
Klub 800 (> as 800 ASA-punte)
o.19
- Dawid du Buson: Diskus 44,84 m – 840 ASA-punte en Gewigstoot 12,78 m – 710 ASA- punte.
- Rinkals Smith: Diskus 45,04 m – 843 ASA-punte en Gewigstoot 14,35 m – 788 ASA-punte.
o.17
- WJ Frazer: 400 m-hekkies 00:54,45 – 811 ASA-punte en 400 m 00:49,9 – 829 punte
- Wihan Geldenhuys: 200 m 00:22,06 – 811 ASA-punte en 400 m 00:48,8 – 888 ASA-punte

Lika Olivier gee vir Mienke Booysen

Logan

Marnus Du Plessis

Mieke
Die dogtersatlete het die volgende prestasies bereik:
o.19
- Mienke Booysen: 100m 00:12,25 – 855 ASA-punte en 200 m 00:24,48 – 913 punte.
o.17
- Lika Olivier: 800m 02:16,8 – 892 ASA-punte en 400 m 00:58,8 – 855 ASA-punte.
- Fabiola Zacka: 100m 00:12,8 – 801 ASA-punte en 100 m-hekkies 00:14,98 – 829 ASA-punte
- Logan Nienaber: Gewigstoot 11,05 m – 779 ASA-punte en Diskus 41,26 m – 913 punte
o.15
- Vené Esterhuyse: 400 m 00:58,08 – 897 ASA-punte en 200m 00:24,90 – 935 punte
- Mieke vd Walt: 90 m-hekkies 00:14,52 – 824 ASA-punte en 300 m-hekkies, 00:48,61 – 802 punte
- Riemke Swart: 90 m-hekkies 00:14,24 – 845 ASA-punte en 300m-hekkies 00:50,46 – 767 ASA-punte
- Chris-Mari Bezuidenhout: Gewigstoot 13,58 m – 903 ASA-punte
Medaljewenners
- Wihan Geldenhuys wen ’n goue medalje vir seuns o.17 in die 400 m.
- Mienke Booysen wen ‘n silwermedalje in die 200 m.
- Vené Esterhuyse wen ‘n silwermedalje in die 200 m en ‘n bronsmedalje in die 400 m.
- Chris-Mari Bezuidenhout wen ‘n silwermedalje in gewigstoot.
- Logan Nienaber wen ‘n bronsmedalje vir diskus.
- Dogtersaflos eindig 5de van die 16 aflosspanne.
- Die seunsaflos eindig 6de uit die 16 aflosspanne.
HTS Middelburg spog met nie minder as 41 atlete wat gekies is om aan die MUSSA-kampioenskappe deel te neem. Slegs die beste atlete in Mpumalanga word gekies! Die fokus is dan op die SA’s wat in Maart in Germiston plaasvind. Rooies se atlete is aan die brand en hulle is definitief ’n krag om mee rekening te hou!

Mienke Booysen

Rinkals Smit

Seuns

Wihan Geldenhuys

WJ Fraser









