HS Witteberg koor wen die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg se koor het met 1 November 2025 aan die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod deelgeneem en is gekroon as die Algehele Nasionale Wenners in die koorafdeling. Hierdie uitsonderlike prestasie volg ná verskeie rondtes waarin kore van regoor Suid-Afrika meegeding het, tot by die finale ronde vandag. Dit is die hoogste nasionale eer wat die Wittebergkoor hierdie jaar kon verower!












