Ligbron Akademie vir Tegnologie koorlede geniet hul koorkamp
ADVERTISEMENT
Die Ligbron Akademie vir Tegnologie se koor het die afgelope naweek hul jaar afgeskop met ‘n koorkamp by Genesaret kampterrein. Die koor, onder leiding van mnr Theunis Botha, welbekende koorleier in Ermelo, bestaan uit 55 lede. Die koor het groot planne vir 2024. Hulle is genooi om aan die begin van Junie saam met die Mpumalanga Jeugkoor in die Sudwala grotte op te tree. In Augustus bied hulle weer hul jaarlikse koorfees aan. Die Hoëveld Jeugkoor het hulle ook genooi om hul reünie-jaar saam met hulle te vier. Verder beplan hulle optredes in Piet Retief later in die jaar, wat ‘n kersprogram insluit.
Ligbron koor tydens oefenkamp








