Die Hoërskool DF Malan-Koor demonstreer hul kundigheid
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool DF Malan-Koor deel hul kundigheid. ‘n Klein groepie van die DF-koor was deur Tygerberg Internasionale Eisteddfod gevra om as demonstrasie-koor vir ‘n koordirigerings-werkswinkel te dien. Hierdie werkswinkel is deur prof. Martin Berger van Stellenbosch Universiteit aangebied. Prof. Berger kon DF se koor as instrument gebruik en het ons leerders bedank vir hul professionaliteit tydens hierdie suksesvolle sessie.












